Wagyu Kongres

Wagyu Kongres

Covid reëls sal baie streng toegepas word, maar ons hoop om ten minste 100 mense by die kongres te hê. Die kongres sal beide in-persoon asook virtueel aangebied word. Daar gaan hierdie jaar geen lesings aangebied word nie. Ons gaan egter op ons fantastiese produk fokus en lekker saam kuier. Die tema is “Lets celebrate Wagyu Meat”. Ons gaan weereens probeer om Prof Dale Woerner uit te bring, asook ons eie Suid Afrikaners wat op die produk verlief geraak het te gebruik om snitte op te sny en verskillende produkte te demonstreer. Prof Woerner gaan weereens vir ons wys hoe om die karkas op te sny en die snitte gaan ons op ‘n vuur braai. Die kongres sal in die oggend tussen 09h00 en 13h00 aangebied word waarna die veiling sal plaasvind. Ons sal ook weer ‘n Wagyu dinee die aand hê en verskeie Wagyu pryse aan bied. Ons vertrou ook dat u reeds u eerste inenting gekry het!

Latest Announcements

WSA & CWB Fee Structure 2024

Important Announcement: Change in CWB Banking Details

Introducing our new Wagyu Website

Important Information

Latest News